Parc des Princes

Parc des Princes
UEFA

Bynaam Le Parc
Ligging Parys, Frankryk
Koördinate 48°50′29″N 2°15′11″O / 48.84139°N 2.25306°O / 48.84139; 2.25306
Eienaar Stad Parys
Operateur Paris Saint-Germain
Kapasiteit 48 583
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1897
Geopen 18 Juli 1897
Renovasie 1932, 1972, 2012–2016.
Boukoste 90 miljoen Franc (1972)
Argitek Roger Taillibert (1972)
Huurders
Paris Saint-Germain (Sokker)
Frankryk (Rugby)
Frankryk (Sokker)
(sommige wedstryde tot en met 1998)

Die Parc des Princes (Frans: [paʁk de pʁɛ̃s]) is 'n stadion in die suidweste van die Franse hoofstad Parys. Die stadion is in die XVIde arrondissement en naby die boulevard périphérique, 'n ringsnelweg rondom Parys, geleë. Die stadion word deur die stad Parys besit.

Die Parc des Princes se ingang

Die eerste Parc is op 18 Julie 1897 onder die naam Stade-vélodrome du Parc des Princes ingewy, maar die huidige konstruksie is volgens die argitek Roger Taillibert se ontwerp in 1972 opgerig. Die Parc des Princes dien sedert 1974 as die amptelike stadion van die sokkerklub Paris Saint-Germain. Voor die inwyding van die Stade de France in Januarie 1998 het ook wedstryde van die Franse nasionale sokker- en rugbyspanne hier plaasgevind. Verskeie wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938, Europese Sokkerkampioenskap 1960, Europese Sokkerkampioenskap 1984, Rugbywêreldbeker 1991, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, Rugbywêreldbeker 2007 en Europese Sokkerkampioenskap 2016 is hier gehou. Naas die Stade Vélodrome in Marseille het die Stade Vélodrome in 2016 die tweede stadion geword, waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search